top of page

Boeke op my Rak

Boeke

IMG_0772.JPG
Maryke se Sprokie 

 

Maryke, met haar vurige geaardheid en bos rooi hare weet maar alte goed ʼn tamatiekissie word nie ʼn sitkamerstoel nie. Sy het immers in die kinderhuis grootgeword. Gerhard, haar eerste liefde se ma, het ook geen moeite ontsien om haar daaraan te herinner nie.

Die laaste ding wat sy op die vooraand van haar vertrek na Kigali nodig het, is die aantreklike dokter Leon Boshof wat haar kaarte deurmekaar krap. En haar verbied om koffie te drink! Nare ou wolf.

Maryke het haar loopbaan as internasionaal erkende fotograaf met harde werk en deursettingsvermoë gevestig en sy gaan hom nie toelaat om haar van koers af te dwing nie. Maar haar vennoot by die fotografieskool waar sy klasgee, keur Leon se aansoek om in Maryke se klas te wees, goed. Sy sal die man maar moet verduur. Hy is veeleisend en beraam slim planne om haar sover te kry dat sy saam met hom gaan om sy fotografietake af te handel.

Gaandeweg kom sy agter sy geniet Leon se geselskap en sien uit daarna om tyd saam met hom te spandeer. Maar dit is net in sprokies waar die wolf sy rooikoppie betower? Of dalk nie.

Koop Hom
web4a.png
Emma se Somer 

 

Emma moet noodgedwonge ʼn paar maande in Suid-Afrika deurbring. Haar kollegas behandel haar glad nie soos ʼn ouditeur nie, want sy moet die gevaarlik aantreklike Roberto se deurmekaar boekhouding in orde kry en haar forensiese vaardighede inspan om ongerymdhede by Steelcor uit te snuffel.

In Giovanni’s se kombuis leer ken Emma die passievolle sy van Roberto, die warmbloedige Italianer wat sy ten alle koste mot vermy as haar hart uit die moeilikheid wil bly. Want saam met sy risotto en pasta voer hy haar ook bietjies-bietjies liede.

 

Terug in Engeland besef sy sy hoor nie meer daar nie, want sy het te verknog geraak aan die sonskyn en somer van haar eie land – en die sjokolademousse en sjarme van die baas van Giovanni’s.

 

Raak opnuut weggevoer deur die betowering van onverwagse liefde.

Koop Hom
IMG_0772.JPG
bottom of page