top of page

Ontmoet Tosca

Om te eet, te drink en lief te hê ... en foto's te neem

margarethie profiel .jpg

​

Vir Tosca de Villiers gaan die lewe oor meer as net om liggaam en siel aanmekaar te hou. Dit gaan oor ’n lewensingesteldheid. Lewensvreugde. Lewensblyheid. Om te kan eet en drink en lief te hê is vir haar bewyse van ʼn betekenisvolle bestaan. En sy aanvaar dit nie as vanselfsprekend nie.

​

Sy besef die lewe is dikwels ʼn gejaag na wind. En dat alles tot niks kom. Weelde, sukses, voorspoed en vleeslike genot … dit het geen sin nie. Tog, in hierdie sinloosheid, vind Tosca die sin van die lewe: Om tee eet en te drink en lief te hê … en dikwels foto’s te neem.

 

En dis juis in hierdie liefhê van haar medemens en dier, wat sy telkens iets van haarself ontdek: Iets wat haar help in haar soeke na sin en betekenis; om haar verganklikheid en vrese te oorwin.

​

Deur die liefde in ʼn ander raak te sien, en te ervaar word sy aangespoor om deur haar teleurstellings te werk. Om ander ook te koester.

 

Vreugde bestaan vir haar as sy dit so kan uitleef dat dit tot ander se vreugde bydra.

Sy is oud genoeg om te weet dat die ontdek van vreugde nie ʼn maklike, reguit pad loop nie, maar ʼn kronkelpad. En dit is hierdie kronkels wat sy in haar boeke uitbeeld.

​

Tosca is oortuig dat haar vreugde, ander se vreugde vermenigvuldig. En dit is die doel van hierdie webbladsy, om haar vreugdes met jou te deel.

 

Snuffel rond en geniet!

web1.png
image.png
Services

Tosca se boeke

Emma se somer

Emma_se_somer_kindle.JPG

Emma moet onvoorsiens ʼn paar maande in haar geboorteland, Suid-Afrika deurbring. Haar kollegas behandel haar glad nie soos die ervare ouditeur wat sy is nie, maar verwag sy moet die charismatiese Italianer, Roberto, se boekhouding in orde kry.

​

In Giovanni’s se kombuis leer Emma die passievolle sy van Roberto ken. Die warmbloedige Italianer sal sy ten alle koste moet vermy as sy haar hart uit die moeilikheid wil hou, want saam met sy risotto en pasta voer hy haar ook bietjies-bietjies liede.

​

Totdat sy agterkom hy kook die boeke, of is sy op die verkeerde spoor?

​

Terug in Engeland besef sy sy hoort nie meer daar nie, want sy het te verknog geraak aan die sonskyn en somer van haar eie land – en die sjarme van die baas van Giovanni’s.

 

Raak opnuut weggevoer deur die betowering van onverwagse liefde.

Maryke se sprokie

Maryke_se_sprokie_kindle.JPG

Maryke, met haar vurige geaardheid en bos rooi hare weet maar alte goed ʼn tamatiekissie word nie ʼn sitkamerstoel nie. Sy het immers in die kinderhuis grootgeword. Haar eerste liefde se ma het ook geen moeite ontsien om haar daaraan te herinner nie.

​

Die laaste ding wat sy op die vooraand van haar vertrek na Kigali nodig het, is die aantreklike dokter Leon Boshof wat haar kaarte deurmekaar krap. En haar verbied om koffie te drink! Nare ou wolf.

​

Maryke het haar loopbaan as internasionaal erkende fotograaf met harde werk en deursettingsvermoë gevestig en sy gaan hom nie toelaat om haar van koers af te dwing nie. Maar haar vennoot by die fotografieskool, keur Leon se aansoek om in Maryke se klas te wees, goed. Sy sal die man maar moet verduur.

​

Gaandeweg kom sy agter sy geniet Leon se geselskap en sien uit daarna om tyd saam met hom te spandeer. Maar dit is net in sprokies waar die wolf sy rooikoppie betower - of dalk nie?

web6.png

Fotos

Reise, kos en liefde : Dit gee sin aan die lewe 

Resepte 

Tosca is 'n Kombuis kabouter ....

Sy weet goed dat alles in die lewe ’n gejaag na wind is. Maar in hierdie oënskynlike sinloosheid vind sy die sin van die lewe: Om te eet en te drink en lief te hê. Dis haar lewensfilosofie en straal uit haar resepte.

​

Die najaag van sukses is uiteindelik ook van verbygaande aard. Wat gee sin aan die lewe? Wat maak haar opgewonde oor die lewe?

​

Eet jou brood met vreugde en drink jou wyn met ’n bly gemoed.

​

Haar resepte, wat sy so graag uitdeel, bou  hierop voort: Om van die lewe ʼn fees te maak, 

Tosca se reise

“Travel isn’t always pretty. It isn’t always comfortable. Sometimes it hurts, it even breaks your heart. But that’s okay. The journey changes you; it should change you. It leaves marks on your memory, on your consciousness, on your heart, and on your body. You take something with you. Hopefully, you leave something good behind.” – Anthony Bourdain

Boeke

Tosca leef haarself uit in die skryf van moderne liefdesverhale. Goeie, lekkerlees stories waarin lewendige, hedendaagse Afrikaans gebruik word. 

​

Tosca word in die grasvlaktes van die Vrystaat groot en voltooi haar BCom-graad en onderwysdiploma aan die Universiteit van die Vrystaat. Nadat sy vir ’n paar jaar skoolgehou het, sprei sy haar vlerke Kaapstad toe waar sy by die parlement werk. Ná haar eerste kennismaking met Pretoria se jakarandabome besluit sy om te bly. Kort voor lank neem Madame Z, die allermooiste kat haar intrek en begin allerhande stories spin.

​

Opstelle skryf was die lekkerste deel van skoolgaan en liefdesverhale lees haar redding tydens haar syfergedrewe studies. Tog is sy immer dankbaar vir haar loopbaan as ekonoom, wat haar wye blootstelling gee en ook baie geleenthede om te reis. Meer as twintig van haar kortverhale het in tydskrifte verskyn, die meeste daarvan in Vrouekeur. Sy reis graag en artikels oor haar wedervaringe, waarvoor sy die foto’s self neem verskyn in dagblaaie en tydskrifte.

​

Sy is lid van ROSA (Romance Writers of South Africa) en een van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VIVA) se Taalwerkers.

​

As sy nie skryf nie, geniet sy dit om te lees, kos te maak en foto’s te neem.

​

​

web2ab.png
Vir Meer
Vir Meer
bottom of page